Bos Kamp

Bos Kamp

Bushveld Game farm se boskamp bestaan uit drie staanplekke en twee permanente karavane

Bos Kamp – Staanplekke Inligting

Die drie staanplekke het elkeen hulle eie ablusie met stort, toilet en wasbak.

Asook ‘n buite opwasbak vir skottelgoed.

Daar is ‘n donkie vir warm water.

Drom braaiers word voorsien.

Die staanplekke is slegs geskik vir “off road” karavane en waentjies of tente.

Gaste het nodig om hulle eie sonpanele en batterye te bring, aangesien daar geen elektisiteit by staanplekke is nie.

Bos Kamp – karavane

Bos Kamp – Karavane Inligting

Die twee karavane is beide op aparte staanplekke.

Staanplekke het ook elkeen hulle eie ablusie met stort, toilet, wasbak en donkie vir warm water.

Daar is ‘n buite opwasbak vir skottelgoed.

Drom braaiers word voorsien.

Elke karavaan het kragtoevoer en is ten volle toegerus met yskas, gasbraai, ketel, beddegoed, breekgoed, eetgerei en kookgereedskap.