Duiker Kamp

Duiker Kamp

Duiker Kamp Inligting

Duiker kamp bestaan uit 5 eenhede, elkeen met ‘n dubbel bed en stapelbed en kan saam tot 20 gaste akkommodeer.

Die kamp is ten volle toegerus met breekgoed, eetgerei, kookgereedskap, beddegoed, yskaste, braaiers en gasbraai met ketel.

Elke eenheid het ook sy eie ensuite badkamer.

Die groot braai area is ideaal vir gaste wat verkies om almal saam as ‘n groep te kuier.

 

Duiker kamp kan in totaal 20 gaste akkommodeer.

Daar is 'n gemeenskaplike koue water swembad wat ook deel vorm van ons trou lokaal